Habakkuk 2:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die HERE, soos die waters die see bedek.
Afrikaans (NLV) 2011 Die tyd sal aanbreek dat die hele aarde vol sal word met die kennis van die Here se magtige teenwoordigheid net soos water die see oordek.
Afrikaans 1933/1953 Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die HERE soos die waters die seebodem oordek.
Afrikaans 1983 Soos waters die seebodem bedek, so sal die magtige teenwoordigheid van die Here oral op die aarde geken word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, die aarde sal gevul word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos water die see oordek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die see is vol water. So sal die aarde vol mense wees wat die Here ken. Hulle sal weet dat Hy God is en dat Hy oor alles regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Oral waar mense in die wêreld is, sal die gevoel hulle oorweldig om te weet dat die Here daar is.