Habakkuk 2:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, is dit nie van die HERE van die leërskare dat die volk in die vuur moet arbei, en die volk hulle vermoei tot nietigheid nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Het die Here, die Almagtige, nie beloof dat die nasies se rykdom tot as sal verbrand nie? Hulle werk so hard, maar dit is alles tevergeefs!
Afrikaans 1933/1953 Kyk, kom dit nie van die HERE van die leërskare dat volke arbei vir vuur en nasies hulle afmat vir niks nie?
Afrikaans 1983 Dit is die Here die Almagtige wat dit beskik het dat dít waarvoor volke gewerk het in vlamme opgegaan het, dat volke hulle tevergeefs afgesloof het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, is dit nie die Here, Heerser oor alle magte, wat dit beskik, dat volke hulle afsloof vir wat opgaan in rook, en nasies hulleself moeg maak vir niks nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here regeer oor alles. Hy laat volke hard werk. Hulle werk en hulle kry baie goed, maar die Here laat dit verbrand. Hy laat volke werk totdat hulle moeg is, maar hulle kry niks.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het mag oor die hele wêreld. Hy sal alles waarvoor volke so hard gewerk het en soveel moeite voor ingesit het, in vlamme laat opgaan. Niks sal daarvan oorbly nie.