Habakkuk 2:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wee hom wat 'n stad met bloed bou en 'n stad deur ongeregtigheid bevestig!
Afrikaans (NLV) 2011 “Wee julle wat stede bou met geld wat julle bekom het deur moord en onreg!
Afrikaans 1933/1953 Wee hom wat 'n stad bou met bloed en 'n vesting stig deur onreg.
Afrikaans 1983 Ellende wag vir hom wat 'n stad bou met moord, wat 'n dorp aanlê met onreg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Wee hom wat stede bou met bloed, en dorpe vestig met onreg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit sal sleg gaan met mense wat stede wil bou vir hulleself. Wanneer hulle dit gedoen het, dan vermoor hulle mense, hulle doen slegte dinge aan mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ellende is julle voorland, Babiloniërs! In julle poging om alles in die hande te kry om julle stede te bou, het julle mense vermoor en allerhande misdade gepleeg.