Habakkuk 2:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die klip sal uit die muur uitroep, en die balk uit die hout sal dit antwoord. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die stene in die mure van julle huise skree uit oor wat julle gedoen het. Die klag teen julle weerklink teen die balke in die plafon. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die steen uit die muur roep, en die balk uit die timmerasie gee hom antwoord. |
| Afrikaans 1983 | Selfs die klippe in die mure skreeu oor wat jy gedoen het, en die balke skreeu saam. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want klippe roep uit die mure om hulp, en balke uit die houtwerk antwoord hulle. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want die klippe en die hout in julle huise het gesien wat julle gedoen het, hulle sal skree en vertel wat hulle gesien het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die stene waarmee julle huise gebou is, sal klagtes teen julle uitskree en die balke in die dak sal dit eggo. |