Habakkuk 2:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U het skande na u huis beraadslaag deur baie mense uit te roei, en teen u siel gesondig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle het julleself in skande gebring deur die moorde wat julle gepleeg het. Daardeur het julle julle eie lewens prysgegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy het skande beraadslaag vir jou huis: die uitroeiing van baie volke, en het jou lewe verbeur. |
| Afrikaans 1983 | Met jou geknoei het jy jou familie se ondergang bewerk; jy wou baie volke uitroei, maar daarmee het jy 'n einde aan jou eie lewe gemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Jy het skande bewerk vir jou huis; deur 'n einde te maak aan baie volke, het jy jou lewe verbeur. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle het planne gemaak om ander mense te laat sterf, baie mense. Nou sal julle ook sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar al die oneerlike dinge wat julle gedoen het, het julle families in die skande gedompel. Julle het gedink julle sou baie wen deur volke uit te roei, maar eintlik het julle julleself kwaad aangedoen. |