Habakkuk 2:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal op my wag staan en my op die toring sit, en ek sal waak om te sien wat hy vir my sal sê en wat ek sal antwoord as ek teregwys word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek gaan in my uitkyktoring staan, my plek inneem op my wagpos in die muur. Ek wag om te sien wat die Here vir my gaan sê, wat sy antwoord op my klagte sal wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Op my wagtoring wil ek gaan staan en op 'n skansmuur my stel, en ek wil speur om te sien wat Hy in my sal spreek, en wat ek op my klagte moet antwoord. |
| Afrikaans 1983 | Ek wil op my uitkyktoring gaan staan, my plek op die vestingmuur gaan inneem, ek wil wag om te verneem wat die Here vir my sal sê en wat ek moet antwoord wanneer mense my verwyt. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op my wagpos wil ek gaan staan; ek wil stelling inneem op die vestingmuur, op die uitkyk wees om agter te kom wat Hy vir my gaan sê en wat ek mense moet antwoord oor my verwyt. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal bo-op die muur gaan staan sodat ek ver kan sien. Miskien sien ek wat die Here vir my wil sê. Miskien antwoord Hy my vrae. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Soos ’n wag op sy wagpos sal ek regstaan om te hoor wat die Here vir my te sê het en wat Hy met my klagte gaan maak. |