Habakkuk 1:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle perde is vinniger as die luiperds en is feller as die aandwolwe; hulle sal vlieg soos 'n arend wat haastig eet.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle perde is vinniger as luiperds. Hulle is vurige mense, erger as wolwe teen skemeraand. Soos arende duik hulle neer op hulle prooi.
Afrikaans 1933/1953 En vinniger as luiperds is sy perde en gouer as aandwolwe; en op 'n galop kom sy ruiters, ja, sy ruiters! Van ver kom hulle aangevlieg net soos 'n arend wat op sy prooi neerskiet!
Afrikaans 1983 Hulle perde is vinniger as luiperds, vuriger as honger wolwe. Hulle ruiters kom aan op 'n galop, hulle kom van ver af, hulle vlieg soos arende wat op hulle prooi neerskiet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vinniger as luiperds is sy perde, ratser as wolwe in die skemer. Sy ruiters kom aangejaag, sy ruiters wat van ver af kom. Hulle vlieg soos arende wat afduik om te vreet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle perde is vinniger as jagluiperds en wilder as honger wolwe. Hulle soldate kom op hulle perde van ver plekke. Hulle kom so vinnig soos aasvoëls wat afduik om te kom vreet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle soldate wat op perde ry, maak ook groot indruk. Hulle perde lyk so vinnig dat ’n mens die idee kry dat hulle vinniger as luiperds is en skrikwekkender as honger wolwe. Hulle ruiters kom van ver af aangejaag en sak dan nes arende soos blits op hulle prooi toe.