Habakkuk 1:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom word die wet verslap, en die oordeel gaan nooit uit nie; want die goddelose omsingel die regverdiges; daarom gaan verkeerde oordeel voort.
Afrikaans (NLV) 2011 Die wet het sy krag verloor en is onbruikbaar. Reg seëvier ook nie in die howe nie. Daar is baie meer goddelose mense as dié wat reg doen. Daarom is die regsuitsprake verdraaid.
Afrikaans 1933/1953 Daarom verloor die wet sy krag, en die reg kom nooit meer te voorskyn nie; want die goddelose omsingel die regverdige, daarom kom die reg verdraaid te voorskyn.
Afrikaans 1983 Die wet het nie meer krag nie, en daar geskied nie meer reg nie. Slegte mense het die oorhand oor die goeies, en so word die reg verkrag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom het die wet sy krag verloor, en tree die reg glad nie meer na vore nie; maar goddeloses omsingel die regverdige. Daarom is die reg so verdraaid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom is die Wette van Moses nie meer belangrik vir al die mense nie, en daarom doen hulle nie reg aan ander mense nie. Dit gaan beter met mense wat verkeerd doen as met mense wat reg doen. Mense gaan kla in die poort, maar wanneer hulle daar weggaan, dan het niemand daar reg gedoen aan hulle nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mense steur hulle nie aan die wet nie. Die howe sorg nie dat wat reg is die wenner is nie.