Habakkuk 1:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waarom maak jy my ongeregtigheid bekend en laat my 'n grief aanskou? want plundering en geweld is voor my, en daar is wat twis en twis verwek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Waarom laat U my die onreg en die ellende om my sien? Waar ek ook al kyk, sien ek vernietiging en geweld. Ek is omring deur mense wat daarvan hou om te stry en te baklei. |
| Afrikaans 1933/1953 | Waarom laat U my onreg sien en aanskou U die moeite! Ja, verwoesting en geweld is voor my oë; en daar is stryd, en twis begin. |
| Afrikaans 1983 | Waarom laat U my die onreg sien wat gedoen word, waarom kyk U toe as daar soveel ellende is? Oral rondom my is daar onderdrukking en geweld, en word daar getwis en gebaklei. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Waarom laat U my onreg ervaar, en leed, terwyl U toekyk? Vernietiging en geweld is reg voor my. Twis ontstaan en rusie neem toe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hoekom wys U vir my dat mense verkeerd doen aan ander mense? U sien hulle kry swaar maar U doen niks. Ek sien hoe mense slegte dinge doen aan ander mense en nie reg doen aan hulle nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hoekom laat U my hierdie verkeerde dinge sien? Hoekom verdra U dit dat mense swaarkry? Waar ek ook al kyk, lê dinge verwoes. Dit is ’n wêreld vol geweld. Oral stry en baklei mense. |