Habakkuk 1:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom offer hulle vir hulle net en laat rook opgaan vir hulle sleep; want by hulle is hulle deel vet en hulle vleis volop. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle bring offers vir hulle nette en brand wierook ter ere van hulle. Hulle sê: “Die nette laat ons in weelde leef en voorsien ons van volop kos!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom offer hy aan sy net en laat rook opgaan vir sy seën; want deur hulle is sy aandeel vet en sy spys weelderig. |
| Afrikaans 1983 | Die Galdeërs bring selfs offers vir hulle nette, brand wierook vir hulle treknette, want deur die nette leef hulle in weelde en het hulle volop kos! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | daarom offer hy vir sy skepnet en brand hy reukwerk vir sy fuik; want danksy sy nette is sy deel van die buit vet en is sy maaltyd ryk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle bring dan offers en hulle brand wierook vir hulle nette, want die nette help hulle om ryk te word en lekker te eet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle maak soos vissers wat hulle nette en hengelgereedskap aanbid asof dit gode is. Hulle bring vir die gereedskap offers en brand wierook omdat dit hulle ryk maak en sorg vir ’n oorvloed kos. |