Habakkuk 1:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle neem hulle almal op met die hoek, hulle vang hulle in hulle net en versamel hulle in hulle sleep; daarom is hulle bly en juig.
Afrikaans (NLV) 2011 Moet ons aan hoeke gevang en met nette uitgetrek word? Hulle versamel ons met sleepnette en juig daaroor.
Afrikaans 1933/1953 Hy trek hulle almal op met die hoek, sleep hulle in sy net en vergader hulle in sy seën; daarom is hy vrolik en juig.
Afrikaans 1983 Die Galdeërs vang mense met hoeke, trek hulle vas in nette, maak hulle bymekaar in treknette, en juig en jubel oor die vangs!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Met sy hoek trek hy hulle almal uit; hy sleep hulle uit in sy skepnet en versamel hulle in sy fuik. Daarom is hy bly en juig;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Galdeërs vang die mense soos 'n mens visse vang met 'n hoek of in 'n net, en dan is hulle bly en hulle juig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Visse word met ’n hoek gevang of in nette bymekaargemaak en weggesleep. Die Babiloniërs werk net so gevoelloos met mense en dan is hulle baie in hulle skik met wat hulle regkry.