Habakkuk 1:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan sal sy gedagtes verander, en hy sal verbygaan en aanstoot neem deur sy god sy mag toe te reken.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle swiep verby soos die wind, en verdwyn. Maar hulle is skuldig, hulle verafgod hulle eie krag.”
Afrikaans 1933/1953 Dan gly hy verby, 'n wind, en trek verder -- maar word skuldig, hy wie se krag sy god is.
Afrikaans 1983 Dan jaag hulle verder, hulle trek verby soos die wind. Vir hierdie sondige nasie is sy eie mag sy god.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan gaan die wind verder en steek grense oor; en hy word skuldig, die een wie se krag sy god is.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan gaan hulle weg, hulle gaan verder soos die wind wat verby waai. Hulle dink hulle kan doen wat hulle wil omdat hulle sterk is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna swiep hulle soos die wind voort en verdwyn net. Vir hierdie mense is hulle eie mag hulle god. Hulle glo hulle mag kan nie misluk nie.