Genesis 9:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie die bloed van die mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word, want na die beeld van God het hy die mens gemaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Iemand wat ’n mens doodmaak, moet beslis self ook doodgemaak word omdat God die mens na sy beeld gemaak het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy wat die bloed van 'n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak. |
| Afrikaans 1983 | “Wie die bloed van 'n mens vergiet, deur 'n mens sal sy bloed vergiet word. God het die mens gemaak as sy verteenwoordiger. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Hy wat die bloed van 'n mens vergiet, deur die mens sal sy bloed vergiet word; want na die beeld van God het Hy die mens gemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God het mense gemaak om in sy plek te regeer en hoof te wees oor die aarde. Daarom mag niemand 'n ander mens doodmaak nie. As iemand 'n ander mens doodmaak, dan moet die mense hom ook doodmaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wie iemand doodmaak, sal doodgemaak word. God het die mens so gemaak dat hy na God lyk. Daarom mag mense mekaar nie doodmaak nie. |