Genesis 9:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En waarlik, julle bloed van julle lewe sal Ek eis; van die hand van elke dier sal Ek dit eis, en van die hand van die mens; uit die hand van elkeen se broer sal Ek die lewe van die mens eis.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer ’n mens doodgemaak word, eis Ek rekenskap, of dit nou ’n dier is of ’n medemens wat dit veroorsaak. Elkeen wat sy medemens doodmaak, moet met die dood gestraf word.
Afrikaans 1933/1953 Maar wat julle eie bloed betref, dit sal Ek eis: van al die diere sal Ek dit eis. Ook van die mens, van die een teenoor die ander, sal Ek die siel van die mens eis.
Afrikaans 1983 Wanneer julle eie bloed vergiet word, sal Ek daaroor rekenskap eis, want dit is julle lewe: van 'n dier sal Ek rekenskap eis oor die lewe van 'n mens, en van 'n mens sal Ek rekenskap eis oor die lewe van sy medemens.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar julle bloed, naamlik julle lewens, sal Ek eis: Van elke dier sal Ek dit eis; van die hand van die mens, die hand van een mens teenoor die ander, sal Ek die lewe van 'n mens eis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “As iemand julle doodmaak en julle bloed laat vloei, dan sal Ek hom straf en sy bloed ook laat vloei. As 'n dier 'n mens doodmaak, dan sal Ek die dier doodmaak. Iemand wat 'n ander mens doodmaak, moet ook sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Net so is julle lewe ook vir My belangrik. Wie julle bloed laat vloei, sal moet rekenskap gee, of dit nou ’n dier of ’n mens is. As ’n mens iemand doodmaak, sal Ek van hom rekenskap eis.