Genesis 9:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sem en Jafet het 'n kleed geneem en dit op hulle albei se skouers gelê en agteruit gegaan en die naaktheid van hulle vader bedek; en hulle gesigte was agteruit, en hulle het die naaktheid van hulle vader nie gesien nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sem en Jafet vat toe ’n kledingstuk en hou dit agter hulle skouers, loop agteruit in die tent en bedek hulle pa. Hulle het nie agtertoe gekyk nie omdat hulle nie hulle pa in daardie toestand wou sien nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe neem Sem en Jafet die bo-kleed en hou dit op hulle skouers terwyl hulle agteruitloop, en hulle het die naaktheid van hulle vader bedek: hulle gesig was agtertoe gedraai, sodat hulle die naaktheid van hulle vader nie gesien het nie. |
| Afrikaans 1983 | Sem en Jafet het toe 'n kledingstuk van Noag gevat, dit oor hulle skouers gehou en agteruit geloop en hulle pa toegemaak. Hulle het anderpad gekyk, sodat hulle nie hul pa kaal sou sien nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sem en Jafet neem toe 'n oorkleed, hou dit oor hulle al twee se skouers, gaan agteruit die tent binne en bedek die naaktheid van hulle vader. Hulle gesigte was weggedraai, en die naaktheid van hulle vader het hulle nie gesien nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sem en Jafet het klere geneem en hulle het dit oor hulle skouers gehou. Hulle het agteruit geloop sodat hulle nie Noag se kaal liggaam kon sien nie. Hulle het hulle pa toegemaak met die klere. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sem en Jafet wou nie hulle pa kaal sien nie en het toe klere gevat, dit oor hulle skouers gegooi en die tent agteruit binnegestap. Terwyl hulle anderpad kyk, het hulle die klere oor hulle pa gegooi. |