Genesis 9:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Gam, die vader van Kanaän, het die naaktheid van sy vader gesien en dit aan sy twee broers daarbuite vertel.
Afrikaans (NLV) 2011 Gam, Kanaän se pa, het dit gesien en buite vir sy broers gaan vertel.
Afrikaans 1933/1953 En Gam, die vader van Kanaän, het sy vader se naaktheid gesien en dit aan sy twee broers daarbuite te kenne gegee.
Afrikaans 1983 Gam, die pa van Kanaän, het gesien sy pa is kaal en het dit buite vir sy twee broers gaan vertel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gam, die vader van Kanaän, het die naaktheid van sy vader gesien en dit buite vir sy twee broers gaan vertel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Gam, die voorvader van die Kanaäniete, het gesien Noag was kaal, en hy het na sy pa gekyk. Hy het uit die tent gegaan en hy het dit vir sy broers gaan vertel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Gam, die voorvader van al die Kanaäniete, sien dat sy pa kaal in die tent lê, het hy sy twee broers daarvan vertel.