Genesis 9:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het van die wyn gedrink en dronk geword; en hy was ontbloot in sy tent.
Afrikaans (NLV) 2011 Op ’n dag het Noag van die wyn gedrink wat hy gemaak het, dronk geword en sonder klere in sy tent gelê.
Afrikaans 1933/1953 Maar toe hy van die wyn gedrink het, het hy dronk geword en naak in sy tent gelê.
Afrikaans 1983 Hy het wyn gedrink en dronk geword. Toe het hy kaal in sy tent gelê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het van die wyn gedrink, dronk geword en homself kaal uitgetrek in sy tent.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het die druiwe gepluk en wyn gemaak. Toe het hy die wyn gedrink en dronk geword. Hy het sy klere uitgetrek en hy het kaal in sy tent gelê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het wyn gemaak en daarvan gedrink. Hy het te veel gedrink en dronk geword. Toe het hy sonder klere op sy bed in die tent gaan lê.