Genesis 9:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die seuns van Noag wat uit die ark uitgegaan het, was Sem, Gam en Jafet; en Gam is die vader van Kanaän. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sem, Gam (die pa van Kanaän) en Jafet, die drie seuns van Noag, het saam met hulle pa uit die ark gekom. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die seuns van Noag wat uit die ark uitgegaan het, was Sem en Gam en Jafet. En Gam was die vader van Kanaän. |
| Afrikaans 1983 | Noag se seuns wat uit die ark gekom het, was Sem, Gam en Jafet. Gam was die pa van Kanaän. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die seuns van Noag wat uit die ark gegaan het, was Sem, Gam en Jafet. Gam was die vader van Kanaän. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Noag het drie seuns gehad wat saam met hom in die ark was. Hulle was Sem, Gam en Jafet. Gam was Kanaän se pa. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Noag se drie seuns, Sem, Gam en Jafet, het saam met hom uit die ark gekom. Gam was die voorvader van al die Kanaäniete. |