Genesis 9:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal dink aan my verbond wat tussen My en julle en al die lewende wesens van alle vlees is; en die waters sal nie meer 'n vloed word om alle vlees te vernietig nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | sal dit My herinner aan my verbond met julle en alle lewende wesens dat daar nooit weer ’n vloed sal wees wat alle lewe vernietig nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | dan sal Ek dink aan my verbond wat daar bestaan tussen My en julle en al die lewende wesens, in alle vlees. En die waters sal nie meer 'n vloed word om alle vlees te verdelg nie. |
| Afrikaans 1983 | sal Ek dink aan my verbond met julle en al die wilde diere volgens hulle soorte. Daar sal nooit weer vloedwaters kom wat alle lewende wesens uitroei nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sal Ek my verbond onthou wat daar is tussen My en julle en elke lewende wese, ja, alle vlees. Die waters sal nie weer 'n vloed word om alle vlees te verdelg nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | dan sal Ek onthou dat Ek 'n verbond gemaak het met julle en met al die diere. Ek het belowe dat daar nie weer 'n watervloed sal wees wat al die mense en diere sal doodmaak nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | sal Ek aan die ooreenkoms dink tussen My en jou en elke lewende wese, dat hulle nooit weer deur ’n watermassa vernietig sal word nie. |