Genesis 9:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) God het gesê: Dit is die teken van die verbond wat Ek sluit tussen My en jou en al die lewende wesens wat by jou is, vir ewige geslagte.
Afrikaans (NLV) 2011 God het bygevoeg: “Om dit te bevestig, gee Ek aan julle en alle lewende wesens ’n teken van hierdie onderneming wat vir altyd sal geld.
Afrikaans 1933/1953 En God het gesê: Dit is die teken van die verbond wat Ek sluit tussen My en julle en al die lewende wesens wat by julle is, vir ewige geslagte:
Afrikaans 1983 Toe het God gesê: “Dit is die teken van die verbond tussen My en julle en die wilde diere by julle, 'n verbond wat vir alle toekomstige geslagte geld:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) God het gesê: “Dit is die verbondsteken wat Ek plaas tussen My en julle en al die lewende wesens by julle, vir toekomende geslagte:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God het ook gesê: “Ek gee vir julle 'n teken om te wys dat Ek 'n verbond met julle gemaak het. Ek het dit belowe, en dit sal altyd waar wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God het verder gesê: “Ek gee vir julle ’n teken van my ooreenkoms, die ooreenkoms wat Ek sluit met alle mense en diere tot in die verre toekoms.