Genesis 9:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal my verbond met jou oprig; en alle vlees sal nie meer deur die waters van 'n vloed uitgeroei word nie; en daar sal geen vloed meer wees om die aarde te vernietig nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek onderneem dat Ek nooit weer ’n vloed sal stuur om alles wat lewe dood te maak en die aarde te verwoes nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek rig my verbond met julle op, dat alle vlees nie meer deur die waters van die vloed uitgeroei sal word nie, en dat daar geen vloed meer sal wees om die aarde te verwoes nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal my verbond met julle hou: mens en dier sal nie weer deur vloedwaters uitgewis word nie. Daar sal nie weer 'n oorstroming wees wat die aarde sal oorweldig nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sluit my verbond met julle: Nooit weer sal alle vlees deur die waters van die vloed uitgeroei word nie; ja, daar sal nie weer 'n vloed wees om die aarde te verdelg nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek belowe vir julle: Daar sal nooit weer 'n watervloed wees wat die aarde sal verwoes en al die mense en diere sal doodmaak nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nooit weer sal ’n watervloed alle mense en diere doodmaak nie. Nooit weer sal ’n vloed die hele aarde heeltemal verwoes nie. Ek sal my ooreenkoms met julle hou.” |