Genesis 9:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En met al die lewende wesens wat by julle is, van die voëls, van die vee en van al die diere van die aarde by julle; van almal wat uit die ark uitgaan, tot al die diere van die aarde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | asook met die diere wat saam met julle is: die voëls en mak diere en wilde diere, met almal wat uit die ark gekom het. |
| Afrikaans 1933/1953 | en met al die lewende wesens wat by julle is: die voëls, die vee en al die wilde diere van die aarde by julle -- al wat uit die ark uitgegaan het, naamlik al die diere van die aarde. |
| Afrikaans 1983 | en met al die lewende wesens by julle: die voëls, die mak diere en die wilde diere by julle, naamlik met al die wilde diere wat uit die ark uitgekom het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en met alle lewende wesens wat by julle is – voëls, mak diere, al die wilde diere van die aarde by julle – met alles wat uit die ark uitgegaan het, naamlik al die diere op die aarde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek maak ook 'n verbond met alles wat lewe, alles wat saam met julle uit die ark gekom het, die voëls, die mak diere en die wilde diere. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | en met al die diere wat saam met jou in die ark was: die voëls, die vee en elke wilde dier, met al die diere wat saam met jou by die ark uitgestap het en op aarde leef. |