Genesis 8:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die duif het geen rusplek vir haar voetsool gevind nie, en sy het na hom teruggekeer in die ark, want die waters was op die hele aarde; toe steek hy sy hand uit, neem haar en trek haar by hom in die ark in. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die duif kon nêrens gaan sit nie omdat die water nog te hoog was. Daarom het dit na die ark toe teruggekom. Noag het sy hand uitgesteek, die duif gevang en dit weer in die ark ingebring. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die duif het geen rusplek vir die holte van sy voet gevind nie en na hom teruggekeer in die ark; want die waters was oor die hele aarde. So het hy dan sy hand uitgesteek en hom gegryp en in die ark by hom gebring. |
| Afrikaans 1983 | Maar oral op die aarde was daar nog water, en die duif kon nie 'n rusplekkie kry vir die holte van sy voet nie en het na Noag toe in die ark teruggekom. Hy het dit toe met sy hand gevang en in die ark teruggesit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die duif kon nêrens 'n rusplek vir sy pote kry nie, en het na hom teruggekeer in die ark. Daar was immers nog water oor die hele oppervlakte van die aarde. Hy het sy hand uitgesteek, die duif gevang en by hom in die ark ingeneem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die duif het nie 'n plek gekry waar hy kon gaan sit nie, en hy het teruggekom na die ark, na Noag toe. Die water was nog oor die aarde. Toe die duif terugkom, het Noag sy hand uitgesteek en hy het die duif gevang. Hy het die duif weer in die ark ingebring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die duif kon nêrens gaan sit nie omdat daar oral water was en het na die ark toe teruggevlieg. Noag het sy hand uitgesteek en die duif het daarop gaan sit. Hy het die duif in die ark gebring. |