Genesis 8:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het 'n kraai uitgestuur wat heen en weer gegaan het totdat die waters van die aarde af opgedroog het.
Afrikaans (NLV) 2011 en ’n kraai uitgelaat. Die kraai het heen en weer gevlieg totdat die aarde droog was.
Afrikaans 1933/1953 en 'n kraai uitgestuur wat gedurig heen en weer gevlieg het totdat die waters weggedroog het van die aarde af.
Afrikaans 1983 en 'n kraai losgelaat, maar dit het heen en weer gevlieg totdat die water op die aarde opgedroog het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en 'n kraai losgelaat. Maar dié het heen en weer bly vlieg totdat die water van die aarde af weggedroog het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het 'n kraai laat uitvlieg. Maar die kraai het aangehou vlieg totdat die water opgedroog het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit het heen en weer oor die water gevlieg totdat die water uiteindelik opgedroog het.