Genesis 8:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die waters het gedurig afgeneem tot die tiende maand: in die tiende maand, op die eerste dag van die maand, is die toppe van die berge gesien.
Afrikaans (NLV) 2011 Twee en ’n halwe maande later het ander bergspitse sigbaar geword namate die water gesak het.
Afrikaans 1933/1953 En die waters het geleidelik afgeneem tot die tiende maand. In die tiende maand, op die eerste van die maand, het die toppe van die berge sigbaar geword.
Afrikaans 1983 Die water het aangehou sak en op die eerste van die tiende maand het die bergtoppe sigbaar geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die water het geleidelik minder geword, tot in die tiende maand. In die tiende maand, op die eerste dag van die maand, het die toppe van die berge sigbaar geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die water het nog minder en minder geword, en op die eerste dag van die tiende maand kon die mense in die ark die boonste punte van die berge sien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Tot die tiende maand het die watervlak bly daal sodat ’n mens al die bergpieke in die verte kon sien.