Genesis 8:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Terwyl die aarde oorbly, sal saaityd en oestyd en koue en hitte en somer en winter en dag en nag nie ophou nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | So lank as die aarde bestaan, só lank sal saaityd en oestyd, koue en hitte, winter en somer, dag en nag bly voortbestaan.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Van nou af sal al die dae van die aarde, saaityd en oestyd, koue en hitte, somer en winter, dag en nag nie ophou nie. |
| Afrikaans 1983 | “So lank as die aarde bly bestaan, sal saaityd en oestyd nie ophou nie, ook nie koue en hitte, somer en winter, dag en nag nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Al die dae wat die aarde nog daar is, sal saaityd en oestyd, koue en hitte, somer en winter, dag en nag nie ophou nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “So lank soos die aarde hier sal wees, sal daar 'n tyd wees om te plant en 'n tyd om te oes, 'n tyd wanneer dit koud is, en 'n tyd wanneer dit warm is, somer en winter, dag en nag. Dit sal altyd so wees.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “So lank as wat die aarde bestaan, sal saaityd en oestyd, koue en hitte, somer en winter, dag en nag nie ophou bestaan nie.” |