Genesis 8:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Noag het 'n altaar vir die HERE gebou; en van al die rein diere en van al die rein voëls geneem en brandoffers op die altaar gebring.
Afrikaans (NLV) 2011 Noag bou toe ’n altaar vir die Here en offer daarop van die diere en voëls wat vir hierdie doel bestem was.
Afrikaans 1933/1953 En Noag het vir die HERE 'n altaar gebou en van al die rein diere en al die rein voëls geneem en brandoffers op die altaar gebring.
Afrikaans 1983 Toe het Noag 'n altaar vir die Here gebou en van al die rein vee en die rein voëls gevat en brandoffers op die altaar gebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Noag het 'n altaar vir die Here gebou en van al die rein diere en rein voëls geneem en op die altaar •brandoffers gebring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Noag het 'n altaar gebou om vir die Here 'n offer te bring. Hy neem toe een van elke soort rein dier en een van elke soort rein voël, en hy offer brand-offers op die altaar vir die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Noag het toe ’n altaar vir die Here gebou en hy het van die rein diere en voëls as brandoffer vir die Here geslag.