Genesis 8:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Bring saam met jou uit al die diere wat by jou is, van alle vlees, van die voëls en van die vee en van al die diere wat op die aarde kruip; sodat hulle in oorvloed op die aarde kan voortplant en vrugbaar kan wees en op die aarde vermeerder.
Afrikaans (NLV) 2011 Laat al die diere en voëls uit sodat hulle kan vermeerder en oor die aarde versprei.”
Afrikaans 1933/1953 Laat saam met jou uitgaan al die diere wat by jou is, van alle vlees: die voëls en die vee en al die diere wat op die aarde kruip, dat hulle kan wemel op die aarde en vrugbaar wees en vermeerder op die aarde.
Afrikaans 1983 en al die lewende wesens wat by jou is, van watter soort hulle ook al is: voëls, diere en alles wat kruip. Hulle moet saam met jou uitgaan. Hulle moet wemel op die aarde en vrugbaar wees en baie word op die aarde.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al die diere wat by jou is, van elke soort – voëls, mak diere, al die kruipende diere wat op die aarde rondbeweeg – laat hulle saam met jou uitgaan, dat hulle op die aarde kan rondbeweeg en vrugbaar wees en vermeerder op die aarde.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die diere en die voëls wat by jou in die ark is, moet saam met jou uitgaan. Hulle moet meer word sodat daar weer baie diere oral op die aarde kan wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Bring ook al die diere saam met jou uit, alles wat lewe, die voëls en vee en kruipende diere. Laat hulle uitkom en op die aarde rondbeweeg sodat hulle vrugbaar kan word en kan vermeerder.”