Genesis 8:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit het gebeur in die ses honderdste en eerste jaar, in die eerste maand, die eerste dag van die maand, het die waters van die aarde af opgedroog; en Noag het die deksel van die ark verwyder en gekyk, en kyk, die oppervlak van die grond was droog. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Noag 601 jaar oud was, tien en ’n half maande nadat die vloed begin het, het Noag die luik van die ark oopgemaak en gesien dat die aarde besig was om droog te word. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die ses honderd en eerste jaar, in die eerste maand, op die eerste van die maand, het die waters weggedroog van die aarde af. En Noag het die deksel van die ark weggeneem en uitgekyk, en die aarde was droog -- |
| Afrikaans 1983 | Op die eerste dag van die eerste maand van die ses honderd en eerste jaar van Noag was die water op die aarde heeltemal weggedroog. Noag het die luik van die ark oopgemaak en uitgekyk. Die hele aarde was droog. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die seshonderd-en-eerste jaar van Noag se lewe, op die eerste dag van die eerste maand, was die water van die aarde af weggedroog. Noag het die deksel van die ark verwyder en gesien: Kyk, die grondoppervlak was droog! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Noag 601 jaar oud was, op die eerste dag van die eerste maand, was die water weg. Noag het die ark oopgemaak en gesien die grond het begin droog word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In Noag se 601ste jaar, op die eerste dag van die eerste maand, het die water al so weggesak dat ’n mens die droë grond kon sien. |