Genesis 8:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die duif het die aand by hom ingekom; en kyk, in haar mond was 'n olyf blaar wat afgepluk is; en Noag het geweet dat die waters van die aarde af verminder het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Teen die aand was die duif weer daar met ’n vars olyfblaar in die bek. Noag het besef dat die water nou al heelwat gesak het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die duif het teen die aand na hom gekom, en daar was 'n groen olyfblad in sy bek! Toe merk Noag dat die waters oor die aarde verminder het. |
| Afrikaans 1983 | Teen die aand het die duif na hom toe teruggekom, nogal met 'n varsgeplukte olyfblaar in sy bek. Toe het Noag geweet dat die water op die aarde opdroog. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die duif het teen laatmiddag na hom teruggekeer; en kyk, daar was 'n vars olyfblaar in sy bek! Noag het toe geweet dat die water oor die aarde verminder het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daardie aand het die duif na hom toe teruggekom, en daar was 'n vars olyfblaar in sy bek. Noag het toe geweet die water het baie minder geword. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Teen die aand se kant het die duif teruggekom met ’n vars geplukte olyfblaartjie in sy bek. Toe het Noag geweet die water het in die grond weggesak. |