Genesis 8:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) God het aan Noag gedink en aan al die lewende wesens en aan al die vee wat saam met hom in die ark was;
Afrikaans (NLV) 2011 Maar God het gedink aan Noag en al die mense en diere by hom in die ark. Hy het ’n sterk wind oor die water laat waai en die watervloed het begin afneem.
Afrikaans 1933/1953 En God het gedink aan Noag en aan al die wilde diere en al die vee wat saam met hom in die ark was; en God het 'n wind oor die aarde laat waai, sodat die waters gesak het.
Afrikaans 1983 Toe het God gedink aan Noag en aan al die wilde diere en die mak diere wat by hom in die ark was, en God het 'n wind oor die aarde laat waai, en die waters het teruggetrek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) God het aan Noag gedink, ook aan al die wilde en mak diere wat saam met hom in die ark was. Toe het God 'n wind oor die aarde laat waai, en die waters het tot rus gekom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God het gedink aan Noag en die diere wat saam met hom in die ark was. God het 'n wind oor die aarde laat waai. Die water het minder geword en begin sak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God het aan Noag en sy mense in die ark gedink, ook aan al die diere saam met hom. God het toe ’n sterk wind oor die watermassa gestuur en die watervlak het stadig maar seker begin sak.