Genesis 7:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want nog sewe dae, en Ek sal dit veertig dae en veertig nagte op die aarde laat reën; en al die lewende goed wat Ek gemaak het, sal Ek van die aarde af vernietig.
Afrikaans (NLV) 2011 Oor sewe dae sal Ek dit vir 40 dae en 40 nagte aanmekaar laat reën sodat alles wat Ek geskep het, van die aarde uitgewis word.”
Afrikaans 1933/1953 Want oor nog sewe dae sal Ek laat reën op die aarde, veertig dae en veertig nagte, en al die lewende wesens wat Ek gemaak het, van die aarde verdelg.
Afrikaans 1983 Oor sewe dae sal Ek dit veertig dae en nagte lank laat reën en alles wat leef, wat Ek gemaak het, wegvee van die aarde af.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want nog net sewe dae, dan gaan Ek dit laat reën oor die aarde veertig dae en veertig nagte lank. Ek sal alles wat bestaan, wat Ek gemaak het, van die aardbodem af uitwis.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet dit doen, want oor sewe dae sal Ek dit laat reën op die aarde. Dit sal 40 dae en 40 nagte aanmekaar reën. Ek sal alles wat lewe, alles wat Ek gemaak het, doodmaak en wegvee van die aarde af.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Binne sewe dae stuur Ek reën. Dit sal 40 dae en 40 nagte aanmekaar reën. So sal Ek alles wat Ek gemaak het, van die aarde af vernietig.”