Genesis 7:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ook van die voëls van die hemel by sewe, die mannetjie en die wyfie; om saad in die lewe te hou op die hele aarde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | So ook moet jy sewe mannetjies en sewe wyfies van elke voëlsoort neem om hulle voortplanting op die aarde te verseker. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook van die voëls van die hemel telkens sewe paar, die mannetjie met die wyfie, om die geslag in die lewe te hou op die hele aarde. |
| Afrikaans 1983 | Ook uit die voëls moet jy sewe pare, mannetjies en wyfies, saamvat. Dit moet jy doen om al die soorte op die hele aarde aan die lewe te laat bly. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ook van die voëls van die hemel sewe plus sewe, manlik en vroulik, om 'n nageslag lewend te hou oor die hele aarde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet ook sewe mannetjies en sewe wyfies van elke soort voël saamneem, sodat hulle kan aanhou lewe op die aarde. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Van al die voëls wat in die lug rondvlieg, moet jy ook sewe pare saamvat, ’n mannetjie en ’n wyfie. So kan al die voëlsoorte voortbestaan. |