Genesis 7:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Alle vlees wat op die aarde kruip, het gesterwe, van die voëls en van die vee en van die diere en van al die kruipende diere wat op die aarde kruip, en van elke mens;
Afrikaans (NLV) 2011 Alles wat op die aarde lewe, het vergaan — die voëls, mak diere, wilde diere, die klein kruipende diere en al die mense.
Afrikaans 1933/1953 En alle vlees wat op die aarde beweeg, het weggesterwe: die voëls en die vee en die wilde diere en al die gedierte wat op die aarde wemel, en al die mense.
Afrikaans 1983 Al wat op die aarde geleef het, het omgekom: diere wat kruip, voëls, mak diere, wilde diere, ja, alles wat op aarde wemel, ook al die mense;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Alle diere wat rondbeweeg op die aarde het omgekom – voëls, mak diere, wilde diere, al die diere wat op die aarde wemel, en ook al die mense.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Alles wat op die aarde lewe, het verdrink — al die diere wat kruip, al die voëls, die mak diere, die wilde diere en ook al die mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Alles op aarde is uitgewis: voëls, vee en wilde diere, asook alle kruipende diere, ook al die mense.