Genesis 7:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Van al die rein diere moet jy vir jou in sewe neem, die mannetjie en sy wyfie; en van die diere wat nie rein is nie, twee-twee, die mannetjie en sy wyfie.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy moet ook sewe mannetjies en sewe wyfies van elke diersoort wat Ek goedgekeur het as geskik om te eet en te offer saamvat. Neem ook een mannetjie en een wyfie uit elk van die ander diersoorte.
Afrikaans 1933/1953 Van al die rein diere moet jy vir jou telkens sewe paar neem, die mannetjie met sy wyfie; maar van die diere wat nie rein is nie, twee, die mannetjie met sy wyfie.
Afrikaans 1983 Van al die rein diere moet jy sewe pare, manlik en vroulik, saamvat en van al die onrein diere net een paar, manlik en vroulik.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Van al die rein diere moet jy vir jou sewe plus sewe neem – telkens 'n manlike een en sy maat; maar van die diere wat nie rein is nie, net twee – 'n manlike een en sy maat;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet sewe mannetjies en sewe wyfies van elke soort rein dier neem, en een mannetjie en een wyfie van elke soort onrein dier.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vat ook van elke rein dier sewe pare saam met jou in die ark in, ’n mannetjie en ’n wyfie. Van al die onrein diere hoef jy net een paar elk, ’n mannetjie en ’n wyfie, saam te vat.