Genesis 7:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die wat ingegaan het, het man en vrou van alle vlees ingegaan, soos God hom beveel het; en die HERE het hom ingesluit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit was mannetjies en wyfies soos God beveel het. Toe het die Here die deur van die ark agter hulle toegesluit. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die wat ingaan, het gegaan as mannetjie en wyfie van alle vlees soos God hom beveel het. En die HERE het agter hom toegesluit. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het ingekom, manlik en vroulik, soos God vir Noag gesê het. En toe het die Here die ark agter Noag toegesluit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dié wat ingegaan het, as manlik en vroulik uit alle diere het hulle ingegaan, soos God hom beveel het. Die Here het die ingang agter hom gesluit. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Mannetjie en 'n wyfie van elke soort dier het gekom, soos God vir Noag gesê het. Daarna het die Here die ark se deur agter hulle toegesluit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit was die mannetjies en wyfies van alle denkbare soorte diere wat in die ark was, presies net soos die Here vir Noag gesê het. |