Genesis 7:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Op dieselfde dag het Noag, Sem, Gam en Jafet, die seuns van Noag en Noag se vrou, en die drie vroue van sy seuns saam met hulle, in die ark ingegaan;
Afrikaans (NLV) 2011 Op daardie selfde dag het Noag en sy vrou, saam met sy seuns, Sem, Gam en Jafet, asook hulle vroue, aan boord gegaan.
Afrikaans 1933/1953 Op daardie selfde dag het Noag en Sem en Gam en Jafet, die seuns van Noag, sowel as die vrou van Noag en die drie vroue van sy seuns saam met hulle in die ark gegaan.
Afrikaans 1983 Dit was die dag waarop Noag en sy seuns, Sem, Gam en Jafet, en sy vrou en sy drie skoondogters almal saam in die ark ingegaan het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op daardie selfde dag het Noag, Noag se seuns Sem, Gam en Jafet, en Noag se vrou en sy drie seuns se vroue saam met hulle, die ark binnegegaan,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit het begin reën dieselfde dag toe Noag in die ark ingegaan het saam met sy seuns Sem, Gam en Jafet, en ook sy vrou en sy drie skoondogters.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daardie selfde dag het Noag en sy vrou asook hulle seuns, Sem, Gam en Jafet, en hulle vroue in die boot ingegaan.