Genesis 6:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is die geslagte van Noag: Noag was 'n regverdige man en volmaak in sy geslagte, en Noag het met God gewandel.
Afrikaans (NLV) 2011 Wat volg, is die geskiedenis van Noag. Noag was ’n opregte man, die enigste onberispelike persoon in daardie tyd. Hy het God se wil deurgaans uitgeleef en ’n noue verhouding met Hom gehad.
Afrikaans 1933/1953 Dit is die geskiedenis van Noag. Noag was 'n regverdige, opregte man onder sy tydgenote. Noag het met God gewandel.
Afrikaans 1983 Hier volg die verhaal van Noag. Noag was 'n regverdige man. Onder sy tydgenote was hy onberispelik en hy het naby God geleef.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hier volg die familiegeskiedenis van Noag. Noag was 'n •regverdige man, onberispelik in sy optrede tussen sy tydgenote. Hy het naby God geleef.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hier is die verhaal van Noag. Noag was 'n goeie en regverdige man. Hy het nie gelewe soos die ander mense van daardie tyd nie. Noag het God gedien en naby Hom gelewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Van Noag kan ’n mens net mooi dinge sê. Hy was ’n goeie man. Hy het die regte dinge gedoen en naby aan die Here geleef.