Genesis 6:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het gesê: Ek sal die mens wat Ek geskape het, van die aarde af vernietig; mens sowel as dier. Die kruipende diere, asook die voëls van die hemel; want dit berou My dat Ek hulle gemaak het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom sê die Here: “Ek sal die mensheid wat Ek gemaak het heeltemal uitwis van die aarde. Saam met hulle sal Ek ook al die diere, klein en groot, asook die voëls vernietig, want Ek is spyt dat Ek hulle gemaak het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE sê: Ek sal die mens wat Ek geskape het, van die aarde verdelg, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; want dit berou My dat Ek hulle gemaak het. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het gesê: “Ek sal die mens wat Ek geskep het, wegvee van die aarde af; mens en dier, ook dié wat kruip, en die voëls, want Ek is bedroef daaroor dat Ek hulle gemaak het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê die Here: “Ek sal die mens wat Ek geskep het, van die aardbodem af uitwis – mense sowel as diere, ook kruipende diere en die voëls van die hemel, want Ek is jammer dat Ek hulle gemaak het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê toe: “Ek sal die mense wat Ek gemaak het, doodmaak en wegvee van die aarde af. Ek sal al die mense, die diere en die voëls doodmaak. Ek is jammer dat Ek hulle gemaak het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op ’n dag het Hy toe gesê: “Ek gaan alles op aarde verwoes; die mense wat Ek gemaak het asook die diere: al die wilde diere, alles wat kruip en alles wat in die hemel rondvlieg. Ek is bitter jammer dat Ek ooit mense en diere gemaak het.” |