Genesis 6:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En God het gesien dat die boosheid van die mens groot was op die aarde, en dat elke versinsel van die gedagtes van sy hart altyddeur net sleg was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het die omvang van die boosheid van die mensdom op aarde raakgesien. Hy het opgemerk dat hulle gedagtes gedurig sleg was. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was, |
| Afrikaans 1983 | Toe die Here sien hoe groot die verdorwenheid van die mens op aarde is en dat hy sy lewe lank net slegte dinge bedink, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die Here sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot is, en dat alles wat hy in sy hart bedink, altyd net sleg is, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het gesien die mense doen baie verkeerd en hulle dink altyd net slegte dinge. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het gesien dat die mens sleg was. Alles waaraan hy gedink het of beplan het, was deurtrek van boosheid. |