Genesis 6:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Van voëls volgens hulle soorte en van vee volgens hulle soorte, van al die kruipende diere van die aarde volgens hulle soorte, twee van elke soort sal na jou toe kom om hulle in die lewe te hou.
Afrikaans (NLV) 2011 Twee van elke soort voël en dier, klein en groot, sal na jou toe kom. Jy moet hulle in die ark aan die lewe hou.
Afrikaans 1933/1953 Van die voëls volgens hulle soorte en van die vee volgens hulle soorte, van al die kruipende diere van die aarde volgens hulle soorte, twee van elke soort, moet na jou kom om in die lewe te bly.
Afrikaans 1983 Van elke soort voël en dier, ook van dié wat kruip, van almal sal daar twee na jou toe kom om aan die lewe te bly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Van elke soort voël, van elke soort dier, van elke soort kruipende dier op die grond, sal twee van elk na jou toe kom om aan die lewe te bly.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet twee van elke soort dier saam met jou neem. Hulle sal na jou toe kom en hulle moet saam met jou aanhou lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Van alle soorte voëls, van alle soorte vee en van alles wat op die aarde kruip, moet jy twee vat. Hulle moet saam met jou in die ark bly.