Genesis 6:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | 'n Venster moet jy vir die ark maak, en op 'n el moet jy dit bo voltooi; en die ingang van die ark moet jy aan die sykant sit; met 'n onderste, tweede en derde verdiepings moet jy dit maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Voorsien dit van ’n dak waarvan die nok 45 sentimeter hoog is. Dit moet drie verdiepings hê en ’n deur aan die kant. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Opening moet jy aan die ark maak; en op die maat van 'n el moet jy dit aan die bokant afwerk en die deur van die ark aan die sykant insit. Jy moet dit met 'n onderste, tweede en derde verdieping maak. |
| Afrikaans 1983 | Jy moet 'n dak vir die ark maak en sy nok moet jy vyf en veertig sentimeter hoog maak. Verder moet jy 'n deur aan die kant van die ark insit en 'n onderste, middelste en boonste verdieping maak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Dak moet jy vir die ark maak – een el vanaf die boonste rand moet jy dit afrond. Die opening van die ark moet jy aan die sykant insit. 'n Onderste, middelste en derde verdieping moet jy maak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet 'n deksel bo-op die ark maak en dit moet een el hoog wees. Jy moet ook 'n deur aan die kant van die ark insit en daar moet drie verdiepings wees: onder, middel en bo. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maak ook vir die ark ’n dak met ’n spitsnok van 45 sentimeter. Sit ’n deur aan die kant van die ark in. En verdeel die ark in ’n onderste, ’n middelste en ’n boonste verdieping. |