Genesis 6:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maak vir jou 'n ark van goferhout; kamers moet jy in die ark maak en dit van binne en van buite met pik smeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy moet ’n groot ark van goferhout maak met verskillende vertrekke binne-in. Verseël dit binne en buite met teer.
Afrikaans 1933/1953 Maak vir jou 'n ark van goferhout. Met afdelings moet jy die ark maak en dit binne en buite met pik bestryk.
Afrikaans 1983 “Maak vir jou 'n ark van goferhout. Jy moet vertrekke in die ark maak en dit binne en buite met pik dig maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maak vir jou 'n ark van goferhout. Jy moet die ark maak met verskillende ruimtes en dit van binne en van buite met pik bestryk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet 'n ark maak van hout. Jy moet kamers in die ark maak en jy moet teer binne en buite aan die hout verf. Die teer sal die hout dig toemaak sodat die water nie kan inkom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Bou nou vir jou ’n boot van goferhout. Maak aan die binnekant sommer ’n klomp kamers. Sorg dat jy alles waterdig maak. Smeer dit binne en buite goed met pik.