Genesis 6:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) God het vir Noag gesê: Die einde van alle vlees het voor my aangesig gekom; want die aarde is deur hulle vol geweld; en kyk, Ek sal hulle saam met die aarde vernietig.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarop sê God vir Noag: “Ek het besluit om alle lewende wesens te vernietig, want dis as gevolg van hulle dat die aarde vol geweld is. Ek gaan hulle almal verseker tot niet maak.
Afrikaans 1933/1953 En God sê vir Noag: Die einde van alle vlees het volgens my besluit gekom; want die aarde is deur hulle vervul met geweld. En kyk, Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg.
Afrikaans 1983 Toe sê God vir Noag: “Ek het besluit om 'n einde te maak aan alle mense, want deur hulle toedoen is die aarde vol geweld. Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) God het vir Noag gesê: “Die einde van alle mense het, volgens my besluit, aangebreek; want deur hulle toedoen is die aarde vol geweld. Kyk, Ek gaan hulle verdelg saam met die aarde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom het God vir Noag gesê: “Ek het besluit om al die mense op die aarde dood te maak, want hulle is wreed, hulle het die hele aarde sleg gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God het Noag eenkant toe geroep en vir hom gesê: “Ek het besluit om alles en almal op hierdie aarde te verwoes. Kyk net hoe besoedel hulle die aarde met hulle geweld en wetteloosheid. Ek is op die punt om die hele aarde te vernietig.