Genesis 50:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die hele huis van Josef en sy broers en sy vader se huis: net hulle kindertjies en hulle kleinvee en hulle beeste het hulle in die land Gosen agtergelaat. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Josef het ook sy broers en Jakob se hele huishouding saamgeneem. Hulle kinders, kleinvee en grootvee het hulle egter in die Gosenstreek agtergelaat. |
| Afrikaans 1933/1953 | ook die hele huis van Josef en sy broers en die huis van sy vader. Net hulle kinders en hulle kleinvee en hulle beeste het hulle in die land Gosen laat agterbly. |
| Afrikaans 1983 | die hele familie van Josef en sy broers en die familie van sy pa is ook saam. Net die kinders, die kleinvee en die grootvee het in die Gosenstreek agtergebly. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ook Josef se hele huis, sy broers en sy familie. Net hulle kinders, hulle kleinvee en hulle beeste het hulle in die Gosenstreek agtergelaat. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josef se hele familie en sy broers en sy pa se familie het ook saamgegaan. Net die kinders en die skape en bokke en beeste het in Gosen agtergebly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Josef se eie familie, sy broers en al sy pa se mense het saamgegaan. Slegs die klein kindertjies en die ou mense, asook die skape en bokke, het in die land Gosen agtergebly. |