Genesis 50:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Josef het opgetrek om sy vader te begrawe, en saam met hom het al die dienaars van Farao, die oudstes van sy huis en al die oudstes van Egipteland, opgetrek,
Afrikaans (NLV) 2011 Josef het toe gegaan en saam met hom al die amptenare van die farao, die raadgewers van sy paleis en al die senior beamptes van Egipte.
Afrikaans 1933/1953 Toe het Josef opgetrek om sy vader te begrawe, en al die dienaars van Farao, die oudstes van sy huis, het saam met hom opgetrek, en al die oudstes van Egipteland;
Afrikaans 1983 Josef is toe weg om sy pa te gaan begrawe. Al die amptenare van die farao, die raadgewers van die paleis en die leiers van Egipte is met hom saam,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josef het toe opgetrek om sy vader te gaan begrawe. Al die dienaars van die farao, die oudstes van sy paleis en al die oudstes van Egipteland het saam met hom opgetrek,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josef het na Kanaän gegaan om sy pa te begrawe. Al die amptenare van die farao het saam met hom gegaan, die raadgewers in sy paleis en die leiers van Egipte.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So is Josef daar weg. Al die koning se amptenare, al die senior persone in sy diens en al die leiers in Egipte is saam met Josef Kanaän toe.