Genesis 50:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | My vader het my laat sweer en gesê: Kyk, ek sterf; in my graf wat ek vir my in die land Kanaän gegrawe het, daar moet jy my begrawe. Laat my dan nou tog optrek en my vader begrawe, en ek sal terugkom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy sê vir hulle: “Sê vir die farao my pa het my ’n eed laat aflê. Hy het gesê: ‘Ek is op die punt om te sterf. Neem my liggaam terug na die land Kanaän toe en begrawe my in ons gesin se familiegraf.’ Ek wil nou opgaan soontoe en my pa gaan begrawe. Daarna sal ek terugkom.” |
| Afrikaans 1933/1953 | My vader het my laat sweer en gesê: Kyk, ek gaan sterwe; in my graf wat ek vir my in die land Kanaän uitgekap het, daar moet jy my begrawe. Laat my dan nou tog optrek en my vader begrawe. Daarna sal ek terugkom. |
| Afrikaans 1983 | my vader het my 'n eed laat aflê dat ek hom, wanneer hy eendag sterf, sal gaan begrawe in die graf wat hy vir hom in Kanaän reggemaak het. Ek wil hom nou gaan begrawe en dan sal ek terugkom.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ‘My vader het my laat sweer deur te sê: “Kyk, ek gaan sterf. In my graf wat ek vir my uitgekap het in die land Kanaän, daar moet jy my begrawe.” Laat ek dan nou asseblief optrek, sodat ek my vader kan gaan begrawe en terugkeer.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | ek het vir my pa belowe dat wanneer hy dood is, dan sal ek hom gaan begrawe in sy graf wat hy in Kanaän gereedgemaak het. Ek wil nou asseblief my pa gaan begrawe. Daarna sal ek terugkom.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek vra die koning se toestemming om my pa in Kanaän te begrawe. Ek sal dadelik ná die begrafnis terugkom.” |