Genesis 50:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die dae van sy rou verby was, het Josef met die huis van Farao gespreek en gesê: As ek nou genade in julle oë gevind het, spreek tog voor die ore van Farao en sê: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ná die routyd praat Josef met die farao se raadgewers en vra dat hulle namens hom met die farao sal praat. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die dae van geween oor hom verby was, het Josef met die huis van Farao gespreek en gesê: As ek dan guns in julle oë gevind het, spreek tog dit voor die ore van Farao: |
| Afrikaans 1983 | Toe hierdie routyd verby was, het Josef vir die amptenare van die farao gesê: “As julle my goedgesind is, praat dan tog met die farao en sê vir hom |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die dae van rou oor hom verby was, het Josef met die huis van die farao gepraat en gesê: “As ek guns geniet in julle oë, gaan praat asseblief direk met die farao en sê, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die routyd verby was, het Josef vir die mense in die farao se paleis gesê: “Help my asseblief. Gaan praat met die farao en sê vir hom |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Na die routyd het Josef vir die koning se amptenare gesê: “As julle van my hou, gaan sê vir die koning my pa het voor sy dood my laat belowe dat ek hom in die familiegraf in Kanaän moet gaan begrawe. |