Genesis 50:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Josef het gesterwe, honderd en tien jaar oud, en hulle het hom gebalsem, en hy is in 'n kis in Egipte gesit.
Afrikaans (NLV) 2011 Josef het op die ouderdom van 110 jaar gesterf. Hulle het sy liggaam gebalsem en dit in Egipte in ’n doodskis neergelê.
Afrikaans 1933/1953 En Josef het gesterwe, honderd en tien jaar oud. En hulle het hom gebalsem, en hy is in 'n kis gesit in Egipte.
Afrikaans 1983 Josef is dood toe hy honderd en tien jaar oud was. Hulle het hom gebalsem en hom daar in Egipte in 'n kis gesit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josef het gesterf toe hy honderd-en-tien jaar oud was. Hulle het hom gebalsem en in Egipte in 'n kis geplaas.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josef het 110 jaar oud geword en toe het hy gesterf. Hulle het sy lyk gebalsem en hulle het dit daar in Egipte in 'n kis gesit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So het Josef dan in Egipte gewoon en gesterf toe hy 110 jaar oud was. Hulle het sy liggaam gebalsem en in ’n kis gesit.