Genesis 50:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Josef het 'n eed van die kinders van Israel afgelê en gesê: God sal sekerlik op julle ag gee, en julle sal my gebeente daarvandaan optrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe laat Josef die seuns van Israel ’n eed aflê en hy sê: “Wanneer God julle na Kanaän toe teruglei, moet julle my liggaam saam met julle neem.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Josef het die seuns van Israel laat sweer en gesê: As God sekerlik op julle ag sal gee -- bring dan my gebeente hiervandaan op. |
| Afrikaans 1983 | Josef het die seuns van Israel met 'n eed laat beloof: “Wanneer God na julle omsien en julle laat trek, moet julle my liggaam van hier af saamvat.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josef het toe die Israeliete 'n eed laat aflê met die woorde: “God sal beslis aan julle aandag gee; neem dan my beendere hiervandaan saam.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josef het gesê sy familie moet belowe dat hulle sy liggaam sal saamneem wanneer hulle uit Egipte terugtrek na Kanaän. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het Josef vir sy broers iets groots gevra. “Belowe my,” so het hy begin, “dat julle my liggaam sal saamvat wanneer God julle uit hierdie land uitlei.” |